Vreug in die Natuur.
Waar harde struikgewassies groei,
En stewig sewejaartjies bloei,
Waar rooi en vaalribbokkies bly,
Ann ewig groene grassies wei,
En ongedeerd hul wee gaan
Langs paadjies nie deur mens gebaan,
Waar helder waterstroompies vloei
Deur klofies groen en dig begroei.
Waar oral Farao-stompe staan
Lang stroompies wat hul weë baan,
War die natuur nog rein en soet
Gehul in glansend sonnegloed:
Jou aanlok tot ‘n hoër sfeer,
Om daar van liefd’ en vreug te leer;
Jou aanroer om dit uit te sing:
Om ander ook geluk te bring.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 7 Junie 1940